Jagpryse

Jagpryse is altyd ‘n storie en almal wil altyd ‘n “bargain” jag ervaar.

Daar is ‘n ou gesegde wat soos volg lei: Goedkoop koop is duur koop. Ons is nie die goedkoopste nie, maar ook nie die duurste nie. Ons is ook nie smouse nie en verstaan nie wat die woord afslag beteken behalwe om bokke af te slag nie. Wat ons wel offer is 5 ster diens, beste jagte en top diere en trofees. ‘n Mens betaal mos maar goeie geld vir die goeie dinge in die lewe.

Ons het 2 pryslyste, een vir Thabazimbi en een vir Zeerust. Die diere pryse verskil op die twee plase aangesien elkeen volgens ‘n unieke beleid bestuur word.   Die dagfooie verskil ook aangaande die luuksheid en aanbieding van elke lodge.   Thabazimbi is jou 5 ster wegbreek in die bos met alle fasiliteite en ‘n voltydse kok, daarvoor vra ons ‘n premie. Die kool is egter die sous werd. Op Zeerust bak en brou jy jou eie kos, soos wat jy daarvan hou, en daarom betaal jy ook heelwat minder, die ervaring is egter steeds net die beste.

Kontak ons gerus vir ‘n pryslys by een van die volgende bestemmings:

  • GROOT MARICO / ZEERUST
  • THABAZIMBI
  • MATLABAS – MORONG / DIAMANT / WOODSTOCK
  • MATLABAS – MANZI